Net soos haar ma uit Distrik Ses... (Rapport)
Bapsfontein - Me. Veronica Moos sê me. LuluXingwana, minister van landbou en grondsake, het haar van haar hoewe afgeskopnet soos die apartheidsregering haar ma in die 1960's uit haar huis in DistrikSes in Kaapstad gegooi het.
"Die geskiedenis word mos herhaal. Ek het nognie eens vir my 77-jarige ma gesê wat hier gebeur het nie, want ek onthou nogdie trane in haar oë toe die stootskrapers haar huis destyds plagestoot het,"sê Moos.
"Die regering besef nie hulle doen presiesdieselfde ding met ons nie." Dit was haar droom om te boer. Op 54-jarigeouderdom glo sy mens moet minstens een keer iets aanpak "waarvoor jy lief is enwat jou passie is".
Die regering het die hoewe in 2007 vir R1,7miljoen gekoop en aan Moos gegee as deel van die grondhervormingsbeleid. Symoes jaarliks R72 000 aan die regering terugbetaal. Die departement het ook R200 000 gegee vir diebou van hoenderhokke om haar eierboerdery op die been te bring.
"Dit het hul meer as 'n jaar geduur om een vandie hoenderhokke reg te kry om met produksie te kan begin. Teen daardie tyd hetek nie meer geld vir insetkoste gehad nie. Ek het van my pensioengeld gebruikom die plek in stand te hou en het ook daarvan vir die groente- enboerbokboerdery gebruik sodat ek 'n inkomste kon hê," sê Moos.
Die banke wou nie geld aan Moos leen nie omdatdie grond aan die regering behoort. Sy het 'n stapel van sowat 150 briewe wat syaan die departement van landbou en grondsake geskryf het waarin sy hulp vra omhaar eierboerdery aan die gang te kry. Maar sy is telkens aangesê om "geduldig"te wees.
Moos het ook nooit haar huurkontrak van diedepartement gekry om te onderteken nie. Moos sê as Xingwana net die moeitegedoen het om in haar departement navraag te doen oor haar grond sou sy al dieverslae gekry het oor hoe die groente- en boerbokboerdery vorder.
Verlede jaar het die Metsweding-distriksraadingestem om geld vir Moos se eierboerdery voor te skiet . Maar die departement van landbou en grondsakehet dit afgekeur en gesê húlle sal haar help.
Tot Xingwana se aankoms by die plasie dieafgelope week het Moos nog nie 'n sent van dié beloofde geld gekry nie.
Mev. Louise du Plessis van Lawyers for HumanRights sê sy gaan dié week namens Moos 'n dringende aansoek by die hooggeregshofin Pretoria indien om haar weer beheer oor haar grond te laat kry.
Erna van Wyk